Wednesday 9 April 2014

Radio-luisteraars swenk nie vir Digitale Media nie

Statistieke blyk dat ʼn toenamende hoeveelheid Suid-Afrikaners papiernuus verruil vir skermnuus, maar dat die draadloos vir niks afgesit word nie.

Beraamde syfers van die Suid Afrikaanse Gehoor Forum  se mees 
onlangse mediagehoor-statetiek toon dat radio 'n groeiende medium is 
terwyl drukmediagebruik aan die afneem is. 
Die Suid Afrikaanse Gehoor Navorsing Forum se mees onlangse syfers toon dat koerant- en tydskriflesers aan die afneem is terwyl radio-luistersyfers volgehoue groei geniet.

"Die gebruik van digitale media het alreeds drukmedia ver oorskry. Dit is steeds aan die groei terwyl koerante aan die daal is. Radio is redelik bestendig", sê Sunette Ferreira, ʼn Kaapse bemarkingstrategis.

Ferreira vertel dat radio "een van die beste mediums is om te gebruik, in kombinasie met jou digitale media" om Suid Afrikaanse luisteraars te bereik.

Albé Grobbelaar, ʼn Ofm-direkteur en mediadosent aan die Universiteit van die Vrystaat, glo dat "kruisbestuiwing tussen wat op die lug aangaan en wat op die internet aangaan," die rede vir radio se sukses in ʼn digitale era is.

Verder meen Grobbelaar dat verwysings tussen radio en die Internet kan "konstant, 24-uur ʼn dag" kan plaasvind, terwyl drukmedia beperk is deur druktye.

Grobbelaar glo dat radio ʼn onwrikbare plek in Suid Afrikaanse media het. "Afrikakultuur is ʼn sterk storievertel-kultuur en radio, wat ʼn geselsmedium is, leen hom ideaal daartoe".

Hy sê ook dat radio gewild bly omdat dit "sny oor die grense van ongeletterdheid" en geluister kan word in ʼn motor . 

"As jy kyk na stede soos Johannesburg, Kaapstad en Durban is dit niks snaaks vir iemand om twee en ʼn half ure per dag in 'n motor te sit nie en geen ander medium kan regtig daarmee met radio kompeteer nie."

Voordat Carmel Morkel, ʼn UNISA-onderwysstudent, die nuwejaarsvoorneme gemaak het om koerant te lees, het sy net nuus luister op haar motorradio.

Ander Suid Afrikaners vertel hoe hulle radionuus verbruik:






No comments:

Post a Comment