Statistieke blyk dat ʼn toenamende hoeveelheid Suid-Afrikaners papiernuus verruil vir skermnuus, maar dat die draadloos vir niks afgesit word nie.
![]() |
Beraamde syfers van die Suid
Afrikaanse Gehoor Forum se mees
onlangse mediagehoor-statetiek toon dat
radio 'n groeiende medium is
terwyl drukmediagebruik aan die afneem is.
|
Die Suid
Afrikaanse Gehoor Navorsing Forum se mees onlangse syfers toon dat koerant-
en tydskriflesers aan die afneem is terwyl radio-luistersyfers volgehoue groei
geniet.
"Die gebruik van
digitale media het alreeds drukmedia ver oorskry. Dit is steeds aan die groei
terwyl koerante aan die daal is. Radio is redelik bestendig", sê Sunette
Ferreira, ʼn Kaapse bemarkingstrategis.
Ferreira vertel dat radio "een van die
beste mediums is om te gebruik, in kombinasie met jou digitale media" om
Suid Afrikaanse luisteraars te bereik.
Albé Grobbelaar, ʼn Ofm-direkteur en mediadosent aan die Universiteit van die Vrystaat,
glo dat "kruisbestuiwing tussen wat op die lug aangaan en wat op die
internet aangaan," die rede vir radio se sukses in ʼn digitale era is.
Verder meen Grobbelaar dat verwysings tussen radio en die Internet kan "konstant, 24-uur ʼn dag" kan plaasvind, terwyl drukmedia beperk is deur druktye.
Grobbelaar glo dat radio ʼn onwrikbare plek in Suid Afrikaanse media het. "Afrikakultuur is ʼn sterk storievertel-kultuur
en radio, wat ʼn geselsmedium is, leen hom ideaal daartoe".
Hy sê ook dat radio gewild bly omdat dit "sny oor die grense van ongeletterdheid" en geluister kan word in ʼn motor .
"As jy kyk na stede soos Johannesburg,
Kaapstad en Durban is dit niks snaaks vir iemand om twee en ʼn half ure per dag
in 'n motor te sit nie en geen ander medium kan regtig daarmee met radio
kompeteer nie."
Voordat Carmel Morkel, ʼn
UNISA-onderwysstudent, die nuwejaarsvoorneme gemaak het om koerant te lees, het
sy net nuus luister op haar motorradio.
Ander Suid Afrikaners vertel hoe hulle radionuus verbruik:
Ander Suid Afrikaners vertel hoe hulle radionuus verbruik:
No comments:
Post a Comment